top of page

About / Agtergrond

'n Mens sukkel om die Rooi-Karoo se rooi stof van jou voete af te skud. In 2012 het ek besluit om na my familie plaas terug te verhuis. Dis harde wereld. Die storie loop dat met die sondevloed was dit net erg mistige weer die dag. Maar dit is juis die toestande wat dit ideale perdewereld maak. Ons parasietdruk is laag, natuurlike weiding is nooit geil nie, en die alewige donkerwolk van Afrika Perdesiek hang nie hier oor ons koppe nie. Ons grond tipe is ryk aan minerale en mineralisering van hooi is goed.

The red dust of the Rooi-Karoo is not something you shake off easily.  I moved back to my family farm during 2012. Its not an easy region to get used to; temperatures exceed 40 degrees regularly in summer and winters are wet-ish.... By all standards we are situated in a desert but this is exactly why its the ultimate place to breed and raise horses, due to low parasite pressure and not overly rich grazing with ample naturally occuring  minerals.

 

Die naam Karorado verwys na die Rooi-Karoo, met die "rado = rooi"  in Spaans om die verbintenis met die Spaanse perd en Ruiterkuns tradisie te illustreer. Our studname is derived from elements depicting our love of the land (living in the Rooi-Karoo), a tribute to the Nooitgedacht's Iberian (Rado is Spanish for red) ancestry and classical riding, as well as the colour red. Red symbolises the rich earth, the passion we have for our horses and the fighting spirit we and our horses exhibit.

 

Hoekom Nooitgedachters? Ek het in 1998 'n vakansiewerk as perde-toergids in die suide van Namibiee gehad. My perd vir die tyd was 'n blou skimmel Nooitgedachter met die naam Hombre. Dit was liefde- eerste-oog-opslag, maar my ouers wou niks weet van die perd wat ek oor die grens wou smokkel nie. Sy karakter en deursettingvermoe was noemenswaardig en dan was hy nog sag op die oog ook. So why Nooitgedacht horses? Well, in 1998 I had my first encounter with the breed in the form of a gray gelding called Hombre. He was my mount when working at a trailriding operation near Ai Ai's. Hombre changed my view of horses for ever. I could not believe his temperament, work ethic and physical abilities. Up until 2012 I was used to fixing horses and taking on the real difficult horses that no one else wanted. I came to realise ,since owning Nooities ,that life with horses need really not be hard at all.

 

Dis vir my nogal poeties om te dink ons bring weer die nasate, van die perde wat hier hul onstaan gehad het, terug. Onstaan, nie juis opgrond van die meeste of invloedrykste telers nie, maar omdat dit hier is waar die Javaanse ponie, Arabier, Berber en Spaanse (Iberiese) perde aangeland het en in 'n smeltpot gegooi is deur ons voorouers. Dis 'n ryk erfenis. Call it poetic justice if you will , us bringing back the Nooitgedacht to its ancester's birthplace..... Birthplace not because the most influential breeders came from the Western Cape, but because it was here that Javan pony, Arabian, Barb and Iberian horse came together in a melting pot to form the legendary Cape Horse. The Cape Horse was one of biggest influences in forming the Nooitgedacht. The Nooitie is as part of this country as I am and we share a common history through our ancesters.

 

Junie 2013 het 'n gedeelte van die Impendulo stoet van Heidi  en Heinn van der Mescht in die mark gekom en ek kon meeste van haar merries en vullens bekom. Die meeste van die bloedlyne is ou bloedlyne en daar is ook twee Basuto merries in die trop. Ongelukkig het een van die Basuto merries afgesterf sonder nasate tydens die droogte van 2017. Sedert die aanvanklike aankope is daar ook Kleinwitberg merries bekom asook 'n dogter van Pretman Meester. Na gelang van elke merrie se prestasie en eienskappe sal on besluit watter merries die basis gaan vorm van die teelprogram.  During the drought of 2013 the bulk of Impendulo Stud (Eastern Cape) became available. We bought 2 colts, 8 broodmares and 6 fillies. We have representation of almost all the bloodlines present in the breed as well as two Basuto mares from Oom Odendaal. All our breeding stock needs to adhere to stringent selection criteria. We want to preserve the breed above all else and work towards the goals set out by the stallwarts that started the breed.

​

Ons is deel  van die herlewing van Iberiese bloed in ons teelprogram, in oorleg met die Genootskap en betrokke wetenskaplikes. Ten einde dit te bewerkstellig het ons gebruik gemaak van die uitstaande PRE Andalusiese hings, Calvero Esclavo FM (word besit en gekompeteer deur Candice Hobday). In die selfde asem is die behoud van die unieke Basuto eienskappe ook belangrik en is 'n Basuto x Nooitgedachter hings en merrie ook aangeskaf begin 2019.   In accordance with the Society rules we want to strengthen the Iberian influence, being lost to some extent when breeding for too much refinement using arabian influence in years gone by. The genetic donor we chose for the Iberian project is Calvero Esclavo FM (liscenced PRE Andalusian stallion) owned and competed by Candice Hobday. Together with the Iberian project we also acquired a Basuto x Nooitgedacht stallion and mare (2019) in order to preserve very rare genetics.

​

Ons mikpunt is om uitstaande ryperde te teel, meer met die oog op klassieke ruiterkuns/dresseer. Sterk agterkwarte met 'n algehele "up-hill" konformasie is dus belangrike fasette van die Nooitgedachter wat ons wil teel. Die skouer moet vrylik kan beweeg en die rug kort, maar soepel genoeg om goeie raam onder saal te kan he. Goeie  kwaliteit hoewe, goeie been, met sterk tendon en aanhegting verseker 'n perd wat lewenskragtig sal wees in 'n kompeterende omgewing sowel as rekreasie. 'n Edele kop en sierlike nek om die prentjie te voltooi. Geen ryperd is regtig 'n goeie ryperd as hy nie 'n vlekkelose temperament het nie en die temperament van die Nooitgedachter is een van sy befaamde eienskappe. Die Ideale Nooitgedachter is atleties, pragtig om te aanskou, ongekompliseerd om mee te werk en het deursettingsvermoe om enige taak te verrig. Dit alles gese sal daar individue wees wat eerder presteer in ander dissiplienes en ons sal elke individu na gelang van sy/haar aanleg aanwend. The goal is to breed the ultimate riding horse. A horse that would do well in classical riding would do well in most equine disciplines and at the very least have integrity of structure that would ensure longevity and performance. Our ideal is a strong hindquarter with active action that step well under the body. A well set neck with ample length and correct muscling, making it easy for the horse to balance and together with an over-all up-hill conformation, would lend itself to inherent self-carraige. A free moving, well angled shoulder, ample bone and short, but supple back is a must. A Nooitgedacht is pleasant to look at, athletic, hardy,uncomplicated with a great work ethic. But their greatest attribute has to be their impecable temperaments and their ability to accept humans so unconditionally.

 

Karorado sal nooit 'n vermeerderingstoet wees nie. Ons fokus is op kwaliteit eerder as kwantiteit. Dis ook vir ons baie belangrik dat elkeen van ons perde 'n huis het wat vir hom sal sorg selfs na jare se diens. Ons is gesinsgeorienteerd en ons perde is ook. 'n Nooitgedachter word deel van jou gesin en jou menswees en 'n Karorado Nooitgedachter by uitstek. Ons sal by uitsondering perde jonger as 5jaar verkoop; juis omdat ons 'n volwasse perd, wat goeie basiese skoling as onderbou het ,wil bemark. Ons gebruik gekombineerde skolings metodes met die fokus op die perd se leervermoens en behoeftes. Teelmerries sal eers vanaf hul 5de lewensjaar gedek word om te verseker dat die vul die beste moontlike ondersteuning kry. Alle teelmerries sal geskool word as ryperde tot op basiese vlak, want hul vordering en prestasie onder saal sal bepaal hoe hulle verder aangewend word. Elke klient wat belang stel om deel te word van die Karorado-tradisie sal nie net 'n waarde-vir-geld Nooitgedachter bekom nie, maar ook die na-verkope diens voordele geniet wat baie uniek is aan Karorado Stoet. Ongelukkig uit die aard van hoe die stoet bestuur word sal daar relatief lae getalle ryperde (1-5) jaarliks beskikbaar wees. Moenie talm om jou hartsperd te kom ontmoet nie, die Karorado Nooities is gesog.  Karorado will never be a stud that multiplies the same genetic material. We focus on quality rather than quantity. Genetic stability is only found in genetic diversity and the main reason why we want all bloodlines represented in our stud. Our horses are being managed , infusing best of both worlds. They live out 24/7, barefoot and feeding plays a central role in keeping them healthy and happy, the herd and environment provides the rest. Foals are lightly imprinted and as they get older will be brought on using combined principles from Equine Learning Theory, Natural Horsemanship and Classical Dressage. All mares are firstly brough under saddle, being bred only every two years there after. As soon as she has bred a replacement mare they will themselves become available as riding horses. Due to the low number of horses being bred each year, even less will become available for sale as adult riding horses. So if you have your heart set on a Karorado Nooitie then hurry to avoid dissapointment.

 

In die woorde van Tom Dorrance, " It takes the time it takes"  ..... " Rather slow and right, than fast and wrong"

49212521_960486804143909_672975657074320
edit_58.jpg
Pastel en Maya.jpg
Pastel en Maya.jpg
_MG_0338.jpg
_TAZ4082 (Copy).JPG
bottom of page